SportSport

NWU troef Wits in rillerstryd

In een van die beste wedstryde van vanjaar se Varsitybekerseisoen het die NWU met 35-31 teen ‘n gedugte Wits-span in Johannesburg gisteraand (Maandag, 19 Maart) geseëvier. Daar was aksie van begin tot einde maar die Potchefstromers het in kritieke tye die hef in die hand gehad om die wen in die sak te steek. Wits …

In een van die beste wedstryde van vanjaar se Varsitybekerseisoen het die NWU met 35-31 teen ‘n gedugte Wits-span in Johannesburg gisteraand (Maandag, 19 Maart) geseëvier.

Daar was aksie van begin tot einde maar die Potchefstromers het in kritieke tye die hef in die hand gehad om die wen in die sak te steek. Wits kan ongelukkig voel dat hulle op hulle tuisveld nie weer vir die NWU kon troef nie, veral nadat hulle self ‘n uitstekende wedstryd gespeel het. Op die ou einde was dit een van daardie wedstryde wat enige kant toe kon swaai maar vir Jonathan Mokuena se manne was die oorwinning net wat hulle nodig gehad het voor hulle laaste wedstryd volgende Maandag teen Maties. Wits het ook twee bonuspunte uit die wedstryd behaal wat hulle kanse op ‘n top 4 plek verstewig.

Die NWU het goed begin en hulle pak was een te veel vir Wits met ‘n strafdrie wat vroeg aan die manne in pers toegeken is. Die NWU het vier verdere drieë gaan druk met kaptein , Tiaan Bezuidenhout, speler van die wedstryd AK Nela, Dean Stokes en Jimmy Mpailane wat onder die pale gaan kuier het. Teen rustyd met die telling op 26-12 het die gelyk of die NWU gemaklik gaan wen, maar die tuisspan het verbete veggees getoon.

Wits se linkervleuel, David Cary was ook op sy stukke en het twee keer oor die doellyn gaan duik, met CJ Greeff en CJ Conradie wat gesamentlik nog twee driee gaan aanteken het om Wits n kritieke bonuspunt te gee.

Wits is nou in die derde plek met 25 punte terwyl die NWU in tweede plek met 30 punte lê.

Foto’s: Asem Engage

Mall

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button