SportSport

Niks skei NWU en Maties in dramatiese Varsitybekerstryd

In die Varsitybekerwedstryd van die seisoen was die NWU en Maties onafskeidbaar met ‘n 33-33 gelykop uitslag wat die tuisskare in vervoering gehad het vanaand op die Fanie du Toit Sportgronde. Die gees van die Varsitybeker was in alle glorie op die Fanie du Toit Sportgronde met die NWU en Maties wat in ‘n rillerwedstryd …

In die Varsitybekerwedstryd van die seisoen was die NWU en Maties onafskeidbaar met ‘n 33-33 gelykop uitslag wat die tuisskare in vervoering gehad het vanaand op die Fanie du Toit Sportgronde.

Die gees van die Varsitybeker was in alle glorie op die Fanie du Toit Sportgronde met die NWU en Maties wat in ‘n rillerwedstryd albei puik rugby gespeel het.

Maties het wel ‘n beter tweede helfte gehad, maar die NWU, wat ‘n goeie eerste helfte gehad het, het hulle man gestaan onder groot druk in ‘n wedstryd waar die sprong van die bal na enige kant toe kon gegaan het.

Maties het die eerste drie vroeg in die eerste helfte gedruk toe Duncan Saal oor is en vir ‘n oomblik die tuis ondersteuners stil gemaak het.

Die NWU het dadelik met ‘n sewe punt drie teruggevuur toe die speler van die wedstryd Tapiwa Mafura ‘n gaping tref, die spasie uitbuit het en toe die perfekte aangee vir Wandile Mazibuko gegee het om die NWU se eerste drie aan te teken.

Schalk Hugo het toe vir die NWU die voorsprong gegee toe hy ‘n skepskop  in die 16de minuut oorgeklits het om dit 10-7 te maak.

Maties was wel nog steeds gevaarlik en het ‘n paar keer tyd in NWU se kwartgebied spandeer, maar die NWU se verdediging het sterk gestaan.

Na die strategiebreek het die NWU die krane oopgedraai en hul tweede drie aangeteken toe Jimmy Mpailane se spoed probleme veroorsaak het. Mpailane het toe ‘n slim tikskoppie deurgesit wat perfek in heelagter Mafura se hande beland het en voor Maties iets kon weet was hy oor in die hoekie. Hugo verdoel en die NWU is 19-7 voor.

Die heen en weer natuur van die wedstryd is beklemtoon toe Maties se Remu Malan na konstante druk, oorgeduik het. Die NWU toe vroeg die Powerplay geneem in die eerste helfte en al het Maties die NWU se kanse in hierdie drie-minuut periode versmoor het die tuispan kort daarna gaan druk met haker Louis van der Westhuizen wat net voor halftyd sy naam op die telbord sit.

Maties het toe ook die Powerplay net voor halftyd geneem om te kyk of hul die 12 punt agterstand op ‘n kritieke tyd in die wedstryd kan inhaal. As Maties sou druk was hulle weer terug in die stryd, en die voormalige NWU haker, Wilmar Arnoldi het die nodige drie gaan druk om die spanne met die telling op 26-21 na die kleedkamers te stuur.

Maties het die eerste punte in die tweede helfte aangeteken toe Smith ‘n eenvoudige strafskop oorgeklits het om die gaping na ‘n skrale twee punte te verklein.

Die manne van Stellenbosch het hulle klem afgedruk met hulle groter pak wat problem vir die Potchefstromers veroorsaak het.

Die NWU was toe hulle eie grootste vyand toe hulle ‘n bal op hulle eie lynstaan verloor het en Maties die geleentheid gebruik het om ‘n drie van hul eie te druk. Die slot Ernst van Rhyn het die drie in die hoek gaan druk om Maties met 33-26 in hul guns te maak en weer die voortou te neem.

Die NWU het nie op hulle louere gaan rus nie en met die klipharde ondersteuning van die tuisskare hul vierde drie gaan druk met plaasvervanger Henko Marais wat op die regte tyd op die regte plek was om ‘n opportunistiese drie te druk. Die televisieskeidsregter is ingeroep vir die kritiese besluit en na vele hoeke bekyk is, is die drie toegeken. Schalk Hugo klits die doelskop oor en die telling is gelyk op 33-33.

Nes ‘n goeie storie was die drama op ‘n mespunt in die laaste 10 minte met enige span wat nou as die helde uit die wedstryd kon tree.

Chris Smith het ‘n kans gehad om die wedstryd vir Maties met ‘n skepskot te beklink in die 77 minuut, maar het het die regterkantste doelpaal getref.

Die NWU het soos krygers verdedig op die ou einde en na 80 minute was altwee spanne onskeibaar. Maties  sal wel die gelukkiger van die twee spanne wees nadat hulle steeds onoorwonne bo aan die punteleer eindig.

Punte:

NWU:

Driee: Wandile Mazibuko, Tapiwa Mafura, Louis van der Westhuizen, Henko Marais

Doelskoppe: Schalk Hugo (3)

Skepskop: Schalk Hugo

Maties:

Driee: Duncan Saal, Remu Malan, Wilmar Arnoldi, Ernst van Rhyn

Strafskoppe: Chris Smith

Doelskoppe: Chris Smith (4)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button