SportSport

Luiperds Hoërskole ligas beloof groot aksie in Mei

Daar sal vanjaar net vyf skole in die nuwe krag teen krag indelings in die Virseker-beker se afdeling vir Groot Skole speel. Benewens die vyf is Hoërskool Lichtenburg en Hoërskool Rustenburg saam met skole van hoofsaaklik die Valke in die sogenaamde Makro Skole ingedeel. Die vyf skole wat in die Groot Skole-afdeling speel is Wagpos …

Daar sal vanjaar net vyf skole in die nuwe krag teen krag indelings in die Virseker-beker se afdeling vir Groot Skole speel.
Benewens die vyf is Hoërskool Lichtenburg en Hoërskool Rustenburg saam met skole van hoofsaaklik die Valke in die sogenaamde Makro Skole ingedeel.

Die vyf skole wat in die Groot Skole-afdeling speel is Wagpos van Brits, Wesvalia en KHS van Klerksdorp en Gimnasium en Volkskool van Potchefstroom. Die liga begin op 12 Mei wanneer Gimnasium teen Wagpos speel en KHS vir Volkskool aanvat. Wesvalia het die loslootjie.

Die twee groot tradisionele plaaslike derbies is tussen Gimnasium en Volkskool op 26 Mei en tussen KHS en Wesvalia op 9 Junie.

Mall

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button