SportSport

Luiperdsbaas teleurgesteld in groter unies

Die groter unies in SA Rugby tree nie in belang van rugby op nie en die toenemende gaping tussen die groter en kleiner unies het ‘n nadelige gevolg op die kommerwekkende huidige stand van amateurrugby in Suid-Afrika. Dit is die siening van die Luiperds Rugbyunie se president, André May, nadat hy die verkiesing teen Mark …

Die groter unies in SA Rugby tree nie in belang van rugby op nie en die toenemende gaping tussen die groter en kleiner unies het ‘n nadelige gevolg op die kommerwekkende huidige stand van amateurrugby in Suid-Afrika.

Dit is die siening van die Luiperds Rugbyunie se president, André May, nadat hy die verkiesing teen Mark Alexander as SARU president verloor het. Alexander se termyn na afloop van SARU se algemene raadsvergadering is dus verlede Vrydag (6 April) vir die volgende vier jaar tot 2022 verleng.
“Ewe skielik net voor die verkiesing het Mark Alexander groot planne vir die kleiner unies. Dit is vir my heeltemal toevallig,” sê May.

“Dit was ‘n goeie ervaring om te gestaan het, maar ek moet realisties ook wees. Ek is aanvanklik oorreed om te staan en ek het ja gesê omdat ek nie weer kon toelaat dat Alexander alleen staan vir SARU president nie. As niemand opponeer nie, dan lyk dit of almal met die huidige stand van sake in SA Rugby saamstem.
“Ek is tevrede en ek glo dat ek net met twee of drie stemme verloor het. Mark Alexander het beslis nie oorweldigend gewen soos in die nasionale media berig is nie. Die regte boodskap het uitgegaan en die klein unies het saamgestaan en hulle standpunt gestel.

May deel ook sy kommer oor die feit dat die groter unies saamstaan en daar ‘n agenda teen amateurrugby is.
“Selfs die OP en die Vrystaat moet besef hulle is volgende as die finansiële druk erger raak. Die groot unies gaan nie stop by die kleiner unies nie. Volgens my het die groter unies geen belang om amateurrugby te bevorder nie en hulle tree nie op in die belang van rugby nie.
“Gary Teichmann (Kwa-Zulu Natal Rugbyunie HUB) sê rugbyspelers behoort nie professionele kontrakte te kry as hulle nie vir die Springbokke gaan speel nie. Waar in jou lewe het jy dit gehoor?

“Die gerug dat die groter unies minder professionele spelers wil kontrakteer is ook ‘n fabel. Dit is vir my teleurstellend dat daar nie omgesien word na die kleiner unies nie. Hulle was nog altyd die morele kompas van SA Rugby,” sê May.

Mall

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button