SportSport

Potchefstroom Swemklub spog met van die beste junior swemmers in Suid-Afrika

Potchefstroom Swemklub se swemmers het tydens vanjaar se Suid-Afrikaanse Junior Swemkampioenskappe in Durban skitterend gevaar en puik prestasies behaal. Die SA-junior swemkampioenskappe is die hoogste vlak waaraan junior swemmers in Suid-Afrika kan deelneem. Idelé du Toit het tydens hierdie kampioenskappe haar beste gala van die swemseisoen geswem. Hierdie hoogtepunt het aan Idelé ’n baie verdienstelike …

Potchefstroom Swemklub se swemmers het tydens vanjaar se Suid-Afrikaanse Junior Swemkampioenskappe in Durban skitterend gevaar en puik prestasies behaal. Die SA-junior swemkampioenskappe is die hoogste vlak waaraan junior swemmers in Suid-Afrika kan deelneem. Idelé du Toit het tydens hierdie kampioenskappe haar beste gala van die swemseisoen geswem.

Hierdie hoogtepunt het aan Idelé ’n baie verdienstelike sesde posisie in die 100m-vlinderslag besorg. Theo Ferreira het in elke item waaraan hy deelgeneem het sy persoonlike beste tye opgestel. Hy het vir die eerste keer die 100-kruipslag onder die 57s geswem en onder 26s met die 50m-kruipslag klaargespeel.

Theo se 100m-vlinderslag in slegs 1:00.36 was ’n hoogtepunt aangesien dit ’n SA Youth kwalifiserende tyd is. In die finale eindig hy sewende met die pragtige tyd van 1:00.18 – sy beste tyd ooit in hierdie item. Bianca Opperman het haar persoonlike beste tyd, ’n puik 34.30 sekondes in die 50m-borsslag geswem.

Hiermee slaag sy daarin om ’n SA Senior Nasionale kwalifiserende tyd te swem. Sy dring deur na die finale waartydens sy haar vorige tyd na 34.18 sekondes verbeter. Hierdie skitterende tye van Bianca is beide nuwe NWS-rekords in die 50m-borsslag. Haar pragprestasies word met die bronsmedalje beloon. Wat Bianca se prestasies meer besonders maak, is dat sy daarin slaag om vir die 200m-borsslag en die 50m-kruipslag SA Youth Nasionale kwalifiserende tye te swem. Die Potchefstroomse swemklub is baie trots om met een van Suid-Afrika se beste junior swemmers te kan spog!

Vir William-Stephen Slaughter was die SA Junior swemkampioenskappe ’n eerste om sy klub by SA’s te verteenwoordig. Hy het verskeie persoonlike beste tye opgestel soos om die 100m-kruipslag onder 57s te swem en die 50m-rugslag onder 30’s. Marike van Oort, die Potchefstroom swemklub se afrigter, sê die swemmers verdien hierdie mooi prestasies, aangesien hulle toegewyd, gefokus en baie hard geoefen het.

Mall

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button