SportSport

Die Wilge se eerstespan begin seisoen op perfekte onoorwonne noot

216-0 Dit is gesamentlik hoeveel Hoërskool Die Wilge se eerste rugbyspan vanjaar teen hulle opponente ingesamel het sonder om ‘n enkele punt af te staan. Hoërskool Die Wilge het hul rugbyseisoen reeds vroeg en oortuigend begin, met hul eerste wedstryd teen Mapangash (Ikageng o.19) op 13 Maart. Die Wilge het die wedstryd oortuigend met 34-0 …

216-0
Dit is gesamentlik hoeveel Hoërskool Die Wilge se eerste rugbyspan vanjaar teen hulle opponente ingesamel het sonder om ‘n enkele punt af te staan.
Hoërskool Die Wilge het hul rugbyseisoen reeds vroeg en oortuigend begin, met hul eerste wedstryd teen Mapangash (Ikageng o.19) op 13 Maart. Die Wilge het die wedstryd oortuigend met 34-0 gewen.
Die tweede wedstryd was teen Goudwes van Carletonville, waar Die Wilge hul opponente van die veld af gespeel het. Die wedstryd is gestop as gevolg van die telling, 56-0.
Die Wilge was daarna uitgenooi om teen Boys High se derde span te speel. Die Wilge het hierdie wedstryd 26-0 gewen. Die Noordwes-liga het Donderdag, 19 April afgeskop teen Keurhof van Klerksdorp. Die halftyd-telling was 40-0. Weer eens is die wedstryd vroeër beëindig as gevolg van die telling, 60-0.
Die Wilge se volgende wedstryd is teen Oom Paul Skool in Rustenburg.

Hoërskool Die Wilge se eerste rugbyspan is gereed om weer hulle titel as die Noordvaal-kampioene te verdedig.
Hoërskool Die Wilge se eerste rugbyspan is gereed om weer hulle titel as die Noordvaal-kampioene te verdedig.

Eric Lamb van Die Wilge op die aanval.
Eric Lamb van Die Wilge op die aanval.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button