SportSport

Gimmies en Volkies se roete na Virsekerbeker begin dié naweek

Die Luiperdsliga (Noordwes) vir grootskole in die Virsekerbeker skop hierdie naweek af met Potchefstroom Gimnasium, Hoër Volkskool Potchefstroom, Hoërskool Klerksdorp, Hoërskool Wesvalia en Hoërskool Wagpos wat vir die titel gaan meeding. Die liga is vanjaar verklein met Hoërskool Lichtenburg wat nou in die eerste divisie se skildafdeling speel. Die wenners van vanjaar se tweede divisie …

Die Luiperdsliga (Noordwes) vir grootskole in die Virsekerbeker skop hierdie naweek af met Potchefstroom Gimnasium, Hoër Volkskool Potchefstroom, Hoërskool Klerksdorp, Hoërskool Wesvalia en Hoërskool Wagpos wat vir die titel gaan meeding.
Die liga is vanjaar verklein met Hoërskool Lichtenburg wat nou in die eerste divisie se skildafdeling speel. Die wenners van vanjaar se tweede divisie sal dan volgende jaar na die eerste divisie se skildafdeling vorder. Die top twee spanne in die Noordwesliga vanjaar beweeg dan ook outomaties na die uitkloprondes van die 2018 Virsekerbeker se tweede divisie.
Gimmies speel hierdie Saterdag tuis teen Hoërskool Wagpos van Brits op die Mooivallei Sportterrein. Die wedstryd begin reeds om 09:00 met die eerstespanwedstryd wat om 13:10 afskop. Volkies speel hulle eerste wedstryd weg teen Hoërskool Klerksdorp.
Volkies se bepalings:
12 Mei: KHS – weg
19 Mei: Wesvalia – tuis
26 Mei: Gimmies – weg
9 Junie: Wagpos – tuis
16 Jun: Semi-finale
Gimmies se bepalings:
12 Mei: Wagpos – tuis
19 Mei: KHS – tuis
2 Junie: Wesvalia – weg

AJR
AJR

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button