SportSport

Platteland Inter Provinsiale-toernooi begin Maandag by Potch Buiteklub

Die Country Districts (Platteland) Inter Provinsiale toernooi vind jaarliks plaas gedurende Mei. Die plek waar dit aangebied word wissel, aangesien elke Unie (14 van hulle) die geleentheid gebied word om die toernooi aan te bied. Die toernooi behoort aan die Suid-Afrikaanse Gholf Assosiasie (SAGA) en word aangebied deur GolfRSA, ‘n maatskappy gestig deur SAGA om …

Die Country Districts (Platteland) Inter Provinsiale toernooi vind jaarliks plaas gedurende Mei. Die plek waar dit aangebied word wissel, aangesien elke Unie (14 van hulle) die geleentheid gebied word om die toernooi aan te bied.
Die toernooi behoort aan die Suid-Afrikaanse Gholf Assosiasie (SAGA) en word aangebied deur GolfRSA, ‘n maatskappy gestig deur SAGA om die operasionele aangeleenthede te hanteer.
Tien unies neem deel aan die toernooi. In die A-afdeling is KwaZulu-Natal (laas jaar se wenner), Noordwes, Mpumalanga, Vrystaat en Limpopo. Die B-afdeling bestaan uit Boland, Noord-Kaap, Oostelike-Provinsie, Suid-Kaap en Grens.
Die spelers speel binne hulle afdelings op ‘n rondomtalie basis teen mekaar, beurtspel (Foursomes) in die oggend en enkels in die middag. Alles is putjiespel (Matchplay).
Die span kry twee punte vir ‘n wen, een vir ‘n half en 0 vir ‘n verloor. Verder is spelpunte ook (die getal wedstryde wat die spelers wen – 12 punte op die spel). Die span wat meer as ses punte het, wen die wedstryd (2 punte)
Om die toernooi te huisves is ’n groot eer vir die NWGU en ook vir Potchefstroom Buiteklub.
Die spelers gaan tuis by die Universiteit se Sports Village.
Die toernooi begin amptelik op Maandag 14 Mei met ‘n oefenrondte. Die amptelike opening is op Sondag 13 Mei. Dit duur tot Vrydag 18 Mei wanneer die medaljes oorhandig sal word.

AJR
AJR

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button