SportSport

Gimmies se eerste rugbyspan kry gesogte pette

Potchefstroom Gimnasium se eerstespan rugbyspelers het op Donderdag, 10 Mei hulle eerste amptelike toestrede tot die eerstespan gemaak by die jaarlikse "capping" geleentheid.

Potchefstroom Gimnasium se eerstespan rugbyspelers het op Donderdag, 10 Mei hulle eerste amptelike toestrede tot die eerstespan gemaak by die jaarlikse “capping” geleentheid.

Elke seun kry ‘n spesiale pet wat hy dan met trots dra en ‘n simbool van sy betrokkenheid en verantwoordelikheid as eerstespanspeler toon. Die skool kyk op na die eerste rugbyspan en jare se harde werk en opoffering het hierdie seuns op die hoogtepunt van hulle skolerugbyloopbaan gebring.

Die Luiperds agtsteman en NWU Varsitybekerkaptein, Tiaan Bezuidenhout, het ‘n paar woorde van wysheid as gasspreker op die aand met die eerstespan gedeel en genoem dat hulle hierdie tydperk van hulle lewe moet geniet en die skool met trots teen alle tye moet verteenwoordig.

“Moet nooit opgee nie en speel elke wedstryd met trots. Die hele skool kyk op na julle en uit my eie ervaring was dit ‘n groot eer om deel van ‘n Hoërskool se eerstespan te wees. Wees dankbaar vir die geleentheid wat julle het om rugby te speel en geniet elke oomblik,” het Bezuidenhout genoem.

Die spelers se ouers het ook van trots gestraal met die wete dat al hulle ondersteuning en bemoediging vrugte gedra het – hulle seun is nou ‘n eerstespanspeler wat die skool in durf en daad gan verteenwoordig.

Foto’s: Wouter Pienaar

AJR
AJR

https://www.nbcarsales.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button