SportSport

Luiperds rus dié naweek, hoop om in Potch eerste wen te kry

Daar was verlede Saterdag hoop in die lug toe die Luiperds binne agt punte van die Sharks XV aan die begin van die tweede helfte in hulle Supersport Uitdaagtoernooi-wedstryd kom. Die senter, Bradley Moolman, se drie was kort flitse van wat die jong Luiperdsspan kon doen, maar tog op die ou einde na die stof …

Daar was verlede Saterdag hoop in die lug toe die Luiperds binne agt punte van die Sharks XV aan die begin van die tweede helfte in hulle Supersport Uitdaagtoernooi-wedstryd kom.
Die senter, Bradley Moolman, se drie was kort flitse van wat die jong Luiperdsspan kon doen, maar tog op die ou einde na die stof gesak het, het die Luiperds met 57-28 verloor.
Die Luiperds lek nie net hulle wonde hierdie seisoen nie, maar ook drieë nadat hulle in elke wedstryd tot dusver die opposisie tot nie minder as vyf drieë per wedstryd kon beperk nie.
Boonop het die Luiperds hulle twee kapteins, Juan Language en Tiaan Bezuidenhout albei weens vanjaar weens beserings verloor.
Die Namibiese haker, Louis van der Westhuizen, dra nou die armband met ’n groot taak op sy skouers.
Hierdie naweek se loslootjie mag die Luiperds net ekstra krag gee voordat hulle twee tuiswedstryde in Potchefstroom op Vrydag, 25 Mei teen Griekwas en Vrydag, 1 Junie op die Fanie du Toit Sportgronde speel.

https://www.nbcarsales.co.za/

AJR
AJR

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button