SportSport

Luiperds vat Sharks XV in Piet Retief aan

Die Luiperds bevind hulself op onbekende grond in die sewende wedstryd van die Supersport Uitdaagtoernooi hierdie komende Saterdag 9 Junie, wanneer hulle die Sharks XV in Piet Retief by die Piet Retief Rugbyklub gaan aandurf. Die Sharks XV het verlede naweek teen die Griffons naelskraap met 45-43 gewen, terwyl die Luiperds met 38-26 teen die …

Die Luiperds bevind hulself op onbekende grond in die sewende wedstryd van die Supersport Uitdaagtoernooi hierdie komende Saterdag 9 Junie, wanneer hulle die Sharks XV in Piet Retief by die Piet Retief Rugbyklub gaan aandurf.
Die Sharks XV het verlede naweek teen die Griffons naelskraap met 45-43 gewen, terwyl die Luiperds met 38-26 teen die Vrystaat XV tweede viool moes speel.
Die Sharks se Johan Deysel gaan teen sy voormalige span weer skade wil aandoen en die Luiperds sal hom en sy agterlynmaats, Garth April en Courtney Winnaar, mooi moet dophou.
Die Luiperds se sterk punte in ‘n droewige seisoen is hulle losskakel, Schalk Hugo, wat keer op keer sy span in ‘n wedstryd met sy skopskoen hou. Die veelsydige agterspeler, Gene Willemse lyk ook altyd gevaarlik met die bal in sy hand.
Die Luiperds het tans ’n negatiewe punteverskil van -168 en sal graag met ‘n wen dit wil verbeter.
Die wedstryd tussen die Luiperds en Sharks XV skop om 17:00 af.

https://www.nbcarsales.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button