SportSport

Foto’s: Luiperds se skoletrots kry gesogte Cravenweek pette

Die eer om vir jou provinsie by die o.13 en o.18 Cravenweek uit te draf gaan elke jaar net aan ‘n paar uitgesoekte seuns wat gedurende die rugbyseisoen hule lig die helderste geskyn het. Verlede Vrydag in die Piet Bosman-saal op Olënpark het die Luiperds se beste jong laer- en hoërskoolspelers se drome waar geword …

Die eer om vir jou provinsie by die o.13 en o.18 Cravenweek uit te draf gaan elke jaar net aan ‘n paar uitgesoekte seuns wat gedurende die rugbyseisoen hule lig die helderste geskyn het.
Verlede Vrydag in die Piet Bosman-saal op Olënpark het die Luiperds se beste jong laer- en hoërskoolspelers se drome waar geword toe hulle amptelik hulle rooi en groen Luiperdspette gekry het.
Beide hierdie spanne is slaggereed vir die komende o.13 en o.18 Cravenweke wat in die skoolvakansie plaasvind. Die o.18 Cravenweek vind vanaf 9-14 Julie by Paarl Boys High plaasterwyl die o.13 Cravenweek by Hoërskool Diamantveld in Kimberley vanaf 1-6 Julie plaasvind.
Die o.18 Cravenweek gaan ‘n spesiale gebeurtenis wees met die feit dat dit ook deel van Boishaai se 150 jaar feesvieringe gaan uitmaak.
Die president van die Luiperds Rugbyunie, adv. André May, het albei spanne gelukgewens en woorde van wysheid toegespreek rondom die gulde geleentheid wat vir die seuns voorlê.
“Dit is ‘n uitsonderlike prestasie en baie sterkte vir al die spelers. Julle is ambassadeurs vir jul skool, jul familie en vir jouself. Julle gaan teen die beste in die land kompeteer wat ‘n groot voorreg is.
Geniet die Cravenweek, want dit gebeur net eenkeer in ‘n leeftyd. Die belangrikste is om nederig te bly en almal met respek te hanteer,” het May gesê.
Foto’s van die Luiperds o.18-span:

Foto’s van die Luiperds se o.13-span:

Luiperds se o.13 Cravenweekspan:
Glenton Matras, Quewin van Reyneveld, Stiaan Rossouw, Ryan Coetzee, Rethabile Malahlela, Theuns du Plooy, Stephan Brits, Divan Fuller, Wian Alberts, HJ Erasmus, Tlotlo Mokonyane, Leslie Chinion, André van Zyl, Vernon Snyman, Jeandré Botha, Heinrich Janse van Vuuren, DG Jacobs, Oratile Geratsi, Neo Thakamakhoa, Onkarabule Matube, Thuto Motlogu, Obakeng Chupulogo, Dylan de Klerk
Luiperds se o.18 Cravenweekspan:
Kobus Burger, Gustav van Staden, Vernon Moagi, Luwazi, Gumedze, De Wet Botha, Ryan Burger, JF Kotze, Anelka Barends, Estiaan Heyneke, Isrome Phatudi, Ashley Madube, Ricardo Liebenberg, Awie Visser, Keanan Twigg, Frank-Lee Jackson, Roeburt Kruger, Mamelo Letsoalo, De Wet de Villiers, André Rossouw, KW Majola, Max Williamson, Xykile Manelisi, Gustav Erlank.

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button