SportSport

Skopboksers kap dit uit by Warrior Sports Potchefstroom

Talle skopboksers vanuit drie provinsies het die afgelope Saterdag, 23 Junie aan die 2018 Warrior Sports Potchefstroom Skopbokstoernooi deelgeneem om te wys wat in hulle steek. Ses klubs, waaronder Vanderbijlpark, Hartswater, Hartebeespoortdam en Potchefstroom het aan die SAKA-kompetisie deelgemeem, waar beide jong en oud in verskillende gewigsklasse deelgeneem het. 50 skopboksers het die dag deelgeneem. …

Talle skopboksers vanuit drie provinsies het die afgelope Saterdag, 23 Junie aan die 2018 Warrior Sports Potchefstroom Skopbokstoernooi deelgeneem om te wys wat in hulle steek.
Ses klubs, waaronder Vanderbijlpark, Hartswater, Hartebeespoortdam en Potchefstroom het aan die SAKA-kompetisie deelgemeem, waar beide jong en oud in verskillende gewigsklasse deelgeneem het. 50 skopboksers het die dag deelgeneem.
Warrior Sports Potchefstroom se 17 deelnemers het 22 gouemedaljes, nege silwer en ses bronsmedaljes ingepalm.
“Dit was ‘n groot sukses. Ons het sowat 80 gevegte op die mat gehad en daar was ‘n verdubbeling in getalle teenoor verlede jaar.
“Ons verwag dat die toernooi net groter gaan word en dat ons heel moontlik volgende jaar na ‘n groter perseel sal skuif om die getalle te kan akkommodeer,” het Hein Pavier, hoofinstrukteur van Warrior Sports Potchefstroom, genoem.

Foto’s: Wouter Pienaar

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button