SportSport

Rolbal besigheidsliga kook in Potch

Die Potchefstroom Buiteklub se rolbalafdeling (PCC), bied vir die tweede keer die besigheidsliga aan wat op 7 Februarie begin, na die hoogs suksesvolle eerste geleentheid wat deur NTT Volkswagen se span gewen is. Die liga het met 12 spanne afgeskop, maar die inskrywings vir die volgende rondte was so gou volgeskryf dat die bestuur genoodsaak …

Die Potchefstroom Buiteklub se rolbalafdeling (PCC), bied vir die tweede keer die besigheidsliga aan wat op 7 Februarie begin, na die hoogs suksesvolle eerste geleentheid wat deur NTT Volkswagen se span gewen is.
Die liga het met 12 spanne afgeskop, maar die inskrywings vir die volgende rondte was so gou volgeskryf dat die bestuur genoodsaak was om plek te maak vir 14 spanne.

Die prysgeld beloop R12 000 en die geesdrif loop hoog onder die besighede vir nog plek.
Die bestuur glo dat dit ‘n baie gesonde spanbou-aksie geword het waarby die hele familie op ‘n Donderdagaand om die baan kan uitspan en kyk as pa en ma, of selfs ouma en oupa speel.

Daar het ook baie goeie talent na vore gekom en van die spelers is nou voltydse lede by die klub. Dit het ook bygedra tot die groei van die klub en die klub is tans 106 spelers sterk, teenoor die 65 van ‘n jaar gelede. Ligte etes word ook op die aande aangebied. Jan Koekemoer, president van PCC en Noordwes Rolbal, sê dit het ‘n weeklikse hoogtepunt geword. Rolbal

Boston

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button