Valentynsdag-wedloop gaan liefde vir sport aanwakker
Promosa Atletiekklub gaan harte hierdie komende Woensdag (13 Februarie) net voor Valentynsdag warm hardloop met 5 en 10km wedlope wat by Potch Dam gaan plaasvind. Die wedlope begin om 18:00, met registrasie wat om 16:30 gaan oopmaak. Volgens klubkaptein, Nico Deerling, het hy die idee vir hierdie wedlope gekry om die gemeenskap meer betrokke te …

Promosa Atletiekklub gaan harte hierdie komende Woensdag (13 Februarie) net voor Valentynsdag warm hardloop met 5 en 10km wedlope wat by Potch Dam gaan plaasvind.
Die wedlope begin om 18:00, met registrasie wat om 16:30 gaan oopmaak.
Volgens klubkaptein, Nico Deerling, het hy die idee vir hierdie wedlope gekry om die gemeenskap meer betrokke te kry by die sport. Almal is welkom om in die pret te deel.
“Ons nooi die gemeenskap uit om aan hierdie eerste wedloop deel te neem. Die idee is om dit ‘n jaarlikse gebeurtenis te maak,” het Deerling genoem.
Hy bedank ook graag al die borge en noem dat daar steeds na ekstra borge gesoek word.
Vir meer inligting kan klubkaptein Nico Deerling (076 612 5242) of voorsitter Melvin Diedericks (083 471 9539) geskakel word.




