BlogsOpinions

“Potch Jool is toe glad nie so erg nie”

As Tukkie moes ek myself fisiek en emosioneel voorberei het. Mense het vir my gepreek, gebid en al die leviete voorgelees. Desondanks het ek die Potch Jool gaan aanpak.

Netwerk24 gee in sy afdeling Die Student ‘n platform vir studente waar hulle in Afrikaans hulle sê kan sê oor die kwessies van die dag.

Hier is deel ‘n student van Tuks haar ervaring oor Jool in Potchefstroom

As Tukkie moes ek myself fisiek en emosioneel voorberei het. Mense het vir my gepreek, gebid en al die leviete voorgelees.  Desondanks het ek die Potch Jool gaan aanpak.

Aangesien Tuks nie meer ʼn jool aanbied nie, het ek en my vriende besluit om dit in Potchefstroom te beleef. Ons wou sien wat die hype is wat almal oor NWU en Potch Jool het. Daar is nog altyd ʼn stigma oor die Pukke (die plek waar jy met lekkerkry graad kry). Mense sê net altyd hoe rof Potchefstroom is en dat dit soos Plett Rage is wat net nooit ophou nie.

Op pad na Potchefstroom stuur ʼn Puk-student vir my op Instagram: “Jy gaan nooit weer hier wil kuier nie. Jool is nie verniet die lekkerste tyd van jou lewe wat jy nooit wil oorhê nie.”

Die stereotipiese beeld wat die meeste van ons van Potch het, was nog altyd: net wit en Afrikaans.

My vriendegroep het dus alle grense oorskry- ons Tswana-vriend het saam gegaan!

Dit, ten spyte van die gewaarskuwings dat Pukke nie soos Tuks is nie. Ons moet op ons hoede wees vir wat dalk kan gebeur. Ek neem nie besluite op grond van ander se ervaring nie. Dus het ek al vroeg my kaartjie gekoop en verblyf vir ons tipiese diverse Tuks-groep gereël.

En dit was pret!

Ons was heel voor om die briljante line-up te beleef: Straatligkinders, van Pletzen, Early B, Good Luck, Die Heuwels Fantasties, Karen Zoid en Francois van Coke.

Die konsert was een van die beste konserte wat ek nog bygewoon het. Die gehoor se energie was onbeskryflik. Almal het dit geniet, selfs my Tswana-vriend. Die drankmisbruik was niks anders as in Pretoria nie. Die noodhulpmense was op hul pos en het seker gemaak dat al die studente veilig en lewend bly.

Dit was een groot jol!

Terug in Pretoria verstaan ek eerlikwaar nie waaroor mense so skrikkerig vir Potch is nie. As jy nie baie drink in Pretoria nie, sal jy ook nie baie drink in Potch nie. Niemand word gedwing om enige iets te doen nie. Dit gaan alles oor keuses.

Potch is ook nie so rassisties soos wat ons gehoor het nie. My vriend is nie een keer in ʼn slegte posisie geplaas nie. Inteendeel, die Pukke het hom met ope arms verwelkom en hy het baie nuwe Instagram-vriende bygekry. Ons is baie in ons noppies oor die vriendelikheid en opregtheid van die studente. Was Potch-Jool een van die beste tye in my lewe? Ja. Is die studente regtig so rof? Glad nie. Sal ek weer gaan kuier in Potchefstroom? Beslis!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button