SportSport

De Villiers trotseer toestande met lof in Denemarke

Ek het die wedloop baie geniet en is baie tevrede met die resultaat. Ek het bietjie geskrik toe ons die baan die vorige dag gaan kyk en draf het. Dit was rowwer as wat ek verwag het met die bulte, modder en water.”

“Ek het die wedloop baie geniet en is baie tevrede met die resultaat. Ek het bietjie geskrik toe ons die baan die vorige dag gaan kyk en draf het. Dit was rowwer as wat ek verwag het met die bulte, modder en water.”

Dit is die mening van Potchefstroom se ster landloopatleet, Robert de Villiers wat ‘n algehele 27ste plek in die o.20 afdeling tydens die Wêreldlandloopkampioenskappe in Denemarke behaal het. Hy is ookeerste Suid-Afrikaner in sy kategorie wat die eindpunt van die 8km lange wedloop op Saterdag, 30 Maart behaal het. Sy vertoning het gehelp om Suid-Afrika vyfde algeheel te laat eindig. De Villiers het in ‘n tyd van 26:16 in ‘n veld van 98 van die wêreld se bestes klaargemaak.

Twee ander jong Potchefstroomse atlete, Danielle Verster (vroue o.20) en Cara du Preez (vroue o.20) het ook ‘n goeie wedloop beleef.
Verster was algeheel 46ste van 111 landloopatlete met ‘n tyd van 23:17. Dit is ‘n verstommende prestasie aangesien Verster slegs 15 is en teen atlete vyf jaar ouer as sy moes deelneem. Du Preez het algeheel 59ste met ‘n tyd van 23:45 geëindig.

“Ek het myself voorberei vir baie pyn en ek dink dit het gemaak dat die wedloop makliker was as wat ek gedink het dit gaan wees. Ek kon die plan van aksie wat ek en my afrigter (Nollie Meintjies) gehad het, uitvoer. Die baan was van die hardste nog ooit by ‘n landloop wêreldkampioenskap. Dit word as ‘the world’s toughest course,’ bemark. – Robert de Villiers

“Ek dink hierdie feit het die speelveld gelyk gemaak teen die ouens van Oos-Afrika. As jou kop hard was, kon jy goed doen. Fisies het almal ewe seer gehad,” verduidelik die fikse blondekop atleet.

“Wat vir my die meeste uitgestaan het is hoe professioneel alles hanteer is. Die IAAF kyk baie mooi na al die atlete. Ek was verstom deur die hoeveelheid talent waarmee jy by so ‘n geleentheid omring word.

Mens stap heeltyd verby Olimpiese en Wêreldkampioene en bly saam met hulle in ‘n hotel. Ek kon ook met hulle gesels en foto’s saam met hul neem,” vertel De Villiers met sterre in sy oë.

Hy was vol lof vir sy afrigter, Nollie Meintjies as ook die spanbestuurder en afrigters van die SA-span.

“Ek wil ook my ouers, my hele familie en my vriende vir al die raad en ondersteuning bedank. Bowenal God vir die talent, geleenthede en die wil om voor te berei,” het hy gesê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button