SportSport

Volkskool stamp Oosterlig af

Volkies het met 29-5 geseëvier en was te sterk en fisiek vir hulle teenstanders van die Oosrand. Losskakel, Stephan van Niekerk het twee drieë gaan druk en ook twee doelskoppe deur die pale geklits.

Hoër Volkskool Potchefstroom se eerste rugbyspan het hulle goeie vorm voortgesit toe hulle Hoërskool Oosterlig van Boksburg op Saterdag, 6 April, gepak het.

Volkies het met 29-5 geseëvier en was te sterk en fisiek vir hulle teenstanders van die Oosrand. Losskakel, Stephan van Niekerk het twee drieë gaan druk en ook twee doelskoppe deur die pale geklits.

Bryan Bennett en Luan Coetzee het die ander twee drieë ingepalm. Op die hokkiefront het Volkies se eerste dogtershokkiespan ’n 1-0 oorwinning teen dieselfde skool behaal. Sarien van der Merwe het die doel aangeteken.

Volkies se eerste netbalspan (o.19) het ook met 38-11 geseëvier.

Lees meer in môre se Potchefstroom Herald:

Kyk die foto’s van die aksie hier: (Foto’s: Wouter Pienaar)

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button