Die 2019 Twizza Volkies Netbaltoernooi die afgelope naweek by Hoër Volkskool Potchefstroom, was weer eens ‘n netbalkarnaval. By hierdie toernooi, wat as voorbereiding vir die opkomende SA Best Schools kampioenskappe dien, het 23 skole in verskeie ouderdomsgroepe kragte gemeet.
Foto’s: Wouter Pienaar
Vir die plaaslike skole, Gimmies en Volkies, was daar nie groot vreugde in terme van top drie plekke nie. Gimmies se o.16A-span reik wel uit bo hulle teenstanders met ‘n tweede plek in hulle ouderdomsgroep net onder Afrikaans Hoër Meisies (Affies) wat eerste plekke in o.16, o.17 en o.19-vlak beklee. Affies is ook die algehele kampioen met 162 punte. Menlopark is tweede met 141 punte. Rustenburg kom derde met 120 punte agter hulle naam.
Foto’s: Chrisna Mentz
Gimmies eindig algeheel sewende op 92 punte met Volkies wat 14de eindig op 55 punte. Volkies se beste presterende span is die o.19’s wat 12de plek beklee.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Support local journalism
Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.
wouterpienaar01
I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.