Hierdie komende Maandag, 10 Februarie, speel die NWU teen Ikeys met dieselfde span wat in die afgelope Maandag naelskraap teen Tukkies verloor het.
NWU hoofafrigter, André Pretorius, bewys sy vertroue in die 23-tal dat hulle hierdie keer die wa deur die drif sal trek en die wen huis toe sal bring.
‘n Paar spelers soos heelagter, Heinrich Botha, skrumskakel, Riaan Genis en vleuel Eugene Hare was op goeie vorm. Voorlangs was Boeta Piater (flank) en Edmund Rheeder (kaptein en agtsteman) woelig gewees en kan vir Ikeys paar kopsere besorg.
Die wedstryd skop om 19:00 op die Green Mile in Kaapstad af.
NWU span teen Ikeys:
1. Ruben du Plessis, 2. Gustav du Rand, 3. Matimu Manganyi, 4. Malembe Mpofu, 5. Danny du Plooy, 6. Boeta Piater, 7. Wandi Mazibuko, 8. Edmund Rheeder (kaptein), 9. Riaan Genis, 10. Maarten Holtzhausen, 11. Lincoln Daniels, 12. Nkululeko Mcuma, 13.Evardi Boshoff (onderkaptein), 14. Eugene Hare, 15. Heinrich Botha.
Plaasvervangers: 16.Fanie Mare, 17.Jason Jansen, 18.Sampie Swiegers, 19. Jeandré Leonard, 20. Wihan Nel, 21. Caleb Joshua, 22. Akhona Nela, 23. Lungelo Gosa



