SportSport

Voormalige Gimmie vir Bulle teen Highlanders ingesluit

Gerhard Steenekamp is hierdie naweek vir die Blou Bulle se 23-tal teen die Highlanders ingesluit. 

Die voormalige kaptein van Potchefstroom Gimnasium se 2015 eerste rugbyspan, Gerhard Steenekamp, is hierdie naweek vir die Blou Bulle se 23-tal teen die Highlanders ingesluit.

Steenekamp, wat vroeër vanjaar teen die Stormers sy debuut van die plaasvervangerbank in Superrugby gemaak het sal nou weer van die bank af in die nommer 17-trui ‘n kans kry om Pote Human en kie te beïndruk.

Die wedstryd skop om 17:15 op Loftus af.

Bulle:

15. Warrick Gelant‚ 14. Cornal Hendricks‚ 13. Nafi Tuitavake‚ 12. Johnny Kotze‚ 11. Rosko Specman‚ 10. Manie Libbok‚ 9. Embrose Papier‚ 8. Muller Uys‚ 7. Josh Strauss‚ 6. Marco van Staden‚ 5. Ruan Nortje‚ 4. Ian Groenewald‚ 3. Trevor Nyakane (C)‚ 2. Jaco Visagie‚ 1. Lizo Gqoboka.

Plaasvervangers: 16. Corniel Els‚ 17. Gerhard Steenekamp‚ 18. Wiehahn Herbst‚ 19. Ryno Pieterse‚ 20. Ruan Steenkamp‚ 21. Ivan van Zyl‚ 22. Morné Steyn‚ 23. Divan Rossouw.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button