Dit was ‘n goeie naweek (13-14 Maart) vir Hoër Volkskool op die sportveld, met oorwinnings vir al hul Eerstespanne teen Jeugland.
Die Eerste Rugbyspan wen met ‘n reuse telling van 52-24. Saam met die geoefende skopskoen van Dean Snyder, het Niel Jansen van Vuuren ook bygedra tot die mooi telling op die telbord, met sy twee drieë wat hy gedruk het tydens die wedstryd.
Volkies eerste rugbyspan teen Jeugland: Foto’s: Wouter Pienaar
Op die hokkieveld was Volkies net te sterk vir Jeugland, en wen 8 uit die 10 wedstryde. Die seunsspanne stuur Jeugland stert tussen die bene terug met ‘n 8-0 oorwinning vir die Junior seunsspan, en ‘n 6-0 oorwinning vir die Senior seunsspan. Ook die Eerste meisiesspan sorg vir aanskoulike hokkie en ‘n 4-0 wen oor Jeugland.
Die Eerste Netbalspan het hul sege voortgesit met ‘n 40 doele teenoor 39 gewen.
Uitslae:
Tennis
- Juniors wen 58-5
- Seniors verloor 51-12
Seunshokkie
- o.16a wen 8-0
- 1es wen 6-0
Dogtershokkie
Span Volkies Jeugland
o.14a: 4 2
o.14b: 2 0
o.15a: 0 1
o.15b: 1 0
o.16a: 1 0
2e span: 0 0
1e span: 4 0
Rugby
Span Volkies Jeugland
o.14a: 5 12
o.14b: 0 51
o.15a: 5 45
o.15b: 5 55
o.16a: 29 10
o.16b: 26 5
3es: 52 0
2es: 35 12
1es: 52 24
Netbal
Span Volkies Jeugland
o.14a: 10 17
o.14b: 15 14
o.14c: 5 22
o.15a: 21 28
o.15b: 13 26
o.16a: 23 24
o.16b: 14 16
o.17a: 38 18
o.17b: 15 12
o.19a: 40 39
o.19b: 23 12

















