Die NWU-atleet, Ané Rautenbach, het met die Herald, gesels oor haar lewe, belangstellings en nog meer.
- Vertel my meer oor wat jy doen vir ʼn lewe (wat behels dit, wat is die lekkerste daarvan en wat is die slegste daarvan)
Ek studeer tans onderwys aan die Noordwes Universiteit en spandeer meeste van my tyd op die sportveld, atletiekbaan om meer spesifiek te wees. Sport is al van kleins af ‘n groot deel van my lewe en ek sal dit graag eendag profesioneel wil doen. Die lekkerste deel van dit is dat ek die voorreg het om elke dag my passie uit te leef, maar soms wens ek ek kon my familie meer sien. Dis natuurlik een van die slegte dinge – ek sien my familie min en die pad na sukses en mens se drome is nie net vol hoogtepunte nie maar ook baie teleurstellings.
- Waar het jy groot geword en toe jy ʼn kind was, wat wou jy eendag word?
Ek het groot geword in Walvisbaai, Namibië en my grootste droom was om ‘n professionele perdruiter eendag te word.
- As jy een plek kon kies in Potch waar jy meeste van jou tyd wil deurbring, waar sou dit wees?
Sonder twyfel die atletiekveld by die Fanie.
- Vyf mense wat jy nog wil ontmoet, en hoekom?
Sanya Richards Ross, Allyson Felix, Wayde van Niekerk – hulle geloof en deursettings vermoë inspireer my en wys dat niks hulle kan onderkry nie
Rolene Strauss & Demi-leigh Nel Peters Tebow, want dis vrouens wat uit klein dorpies kom, maar hulle drome gevolg het en hulle is ‘n bewys dat mens met harde werk en geloof enige iets kan bereik.
- Saam met wie wil jy nie in ʼn hysbak vassit nie (net een persoon)?
Ek sal nie wil vas sit met Kyla van Zyl, wat wel een van my beste vriendinne is, want sy het ‘n fobie vir hysbakke en neem nooit een nie, so dit sal absolute chaos wees.
- Jou gunstelingplek waarheen jy al gereis het, of heen wil reis?
Gunsteling plek waar ek al heen gereis het -Westendorf , Oostenryk
Plek waar ek nog wil gaan – Maldives
- Wat is jou stokperdjies?
Series kyk, draf, kwaliteit tyd met mense na aan my hart spandeer.
- Vyf dinge waarsonder jy nooit die huis sal verlaat nie?
Selfoon, Charger, Beursie, Water, Tekkies
- Drie gunstelingdisse?
Braaivleis, Pizza, Spaghetti bolognese
- Wat is jou gunstelingaanhaling?
“My Talent is God’s gift to me. What I do with that talent, is my gift to Him.” / Proverbs 4:23 “ Above all else, guard your heart, for everything you do flows from it. “



