SportSport

Groot Potch sportman sterf

Nadat hy uitgetree het uit krieket, het hy begin rolbal speel en was daar ook ‘n staatmaker, nie net as speler nie, maar ook as versorger van die rolbalbane.

Dawid van Rensburg, ‘n sportman wat diep spore in die stad en ook die provinsie getrap het, is Sondagnag oorlede.
Dawid (Dawie) van Rensburg, het na ‘n lang loopbaan by Korrektiewe Dienste by die Puk aangesluit, waar hy vir jare verantwoordelik was vir die versorging en verskuiwing van koshuismeubels. Hy en sy span was baie bekend aan alle studente.
Dawid was ‘n gebore Potchefstromer en het sy skoolloopbaan aan Volkskool voltooi. Hy het reeds as skolier in krieket uitgeblink en hy en broer Attie was ‘n verskrikking vir menige kolwer in klubkrieket.
Nadat hy uitgetree het uit krieket, het hy begin rolbal speel en was daar ook ‘n staatmaker, nie net as speler nie, maar ook as versorger van die rolbalbane.
Dawid word oorleef deur sy vrou Christelle, twee seuns, Bennie en Deon en die appels van sy oog, sy kleinkinders Angenique, Ayden, Gideon, Pieter en Lienke-Ame.
Weens die Corona-beperkings sal geen openbare gedenkdiens gehou word nie, maar slegs ‘n baie privaat diens. Dawid sal onthou word as ‘n man wat alles met oorgawe gedoen het.

Rus in Vrede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button