SportSport

Uit die Argief: Gimmies wen opwindende Classic Clash in 2002

Die huidige eerstespan krieketafrigter van Volkies, Andries Huisamen, het toe vir Gimmies op losskakel in hierdie wedstryd uitgedraf

Vir dekades is die Gimmie-Volkie Classic Clash wedstryd een vir die boeke of dit nou op die Fanie du Toit Sportgronde, Volkskool se tuisveld of die Mooivallei Sportterrein plaasgevind het.

In 2002 het Gimmies se eerste span vir Volkies met 26-17 in die hierdie groot tweestryd geklop. Gimmies se heelagter en onderkaptein, Marius van der Merwe, was een van die groot uitblinkers en het met ‘n drie sy span met 16-6 teen halftyd te laat voorloop.

Die huidige eerstespan krieketafrigter van Volkies, Andries Huisamen, het toe vir Gimmies op losskakel in hierdie wedstryd uitgedraf. Huisamen het in hierdie wedstryd 16 punte met sy skopvoet vir Gimmies besorg.

Van der Merwe het sy en sy span se tweede drie in die tweede helfte gedruk om Volkies se doppie te klink. Dit nadat Volkies vroeër teruggeveg het om die voortou te neem met Lourens Brits en Jasper Janse van Rensburg wat puik wedstryde beleef het.

Op die netbal en hokkievelde was sake ook baie naby met Volkies en Gimmies wat agt oorwinnings elk gedeel het.

Gimmies het in 2002 vir Volkies in ‘n klipharde Classic Clash eerste span wedstryd geklop. Foto: Argief

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button