SportSport

Potchefstroom Gimnasium se gholfdag ‘n reuse sukses

Halgryn en Botha het elk 'n yskas gewen.

Potchefstroom Gimnasium het op 4 September hulle jaarlikse Gimmie-gholfdag by die Potchefstroom Buiteklub aangebied waar 34 vierballe ingeskryf het. Die formaat was ‘n beterbal met ‘n ‘scramble drive’ op die setperksyfer van 3.

Tussen R40 000 en R50 000 se pryse was op die spel. Fondse sal vir behoeftige skoliere aangewend word. Ten spyte van die Covid-19 uitdaging was dit ’n reusesukses. Elke speler is vooraf vir simptome getoets en die gholfklub het seker gemaak dat alle veiligheidsmaatreëls in plek was.

‘n Goeie gees en sportmanskap het aan die einde van die dag geheers. Gimmies is baie dankbaar vir elke borg wat ’n prys, watergat, kontantbydrae en geskenkpak geborg/gegee het. Elkeen het bygedra tot die sukses van die dag. Sonder hulle sou dit nie moontlik gewees het nie.

Wenners:

Eerste prys: Johann Coetzee (sr.) en William Coetzee

Tweede prys: Landré Halgryn en Jacques Botha

Derde prys: Nelson Duarte en Guillaume Strydom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button