SportSport

Plaaslike skuts van Marksman Archery in die kol

Die bekende Protea boogskutter, Leon Heydenrych het oor die twee dae ‘n telling van 825 uit ‘n totaal van 880 geskiet.

Die skerpskutters van Marksman Archery het die naweek van 3 tot 4 Oktober oudergewoonte met hulle pyle en boë die merk tydens die Noordwes Provinsiale Boogskietkampioenskappe getref.
Hierdie kampioenskappe het by die Elgro River Lodge se skietbaan plaasgevind waar baie ander groot kompetisies deur die jare aangebied is.
Die bekende Protea boogskutter, Leon Heydenrych het oor die twee dae ‘n telling van 825 uit ‘n totaal van 880 geskiet. Hierdie is ‘n nuwe 3D rekord vir sy afdeling (Adult Male Bowhunter Unlimited).

Foto’s: Verskaf

‘n Span van Marksman Archery het deelgeneem en het goeie kwalifiserende provinsiale en nasionale tellings behaal. Skuts kon met die kompetisie die afstand skat, of met behulp van ’n rangefinder die afstand bekom en moes afstande tot op 60 jaard skat.
Ander toppresteerders sluit in onder andere Kennith Wepener en Chauntonique du Toit van Marksman Archery wat albei goue medaljes verwerf het.
Hier is die volledige uitslae:
AMBU – Adult Male Bowhunter Unlimited
1. Leon Heydenrych – 825
2. Mynhardt Crous – 768
AMFU Adult Male Freestyle Unlimited
1. Christiaan Pretorius – 732
2. Christo Beukes – 703
3. Juan Kotze – 703
4. Wikus Marais – 698
5. Jaco Marais – 669
VMLB – Veteran Male Long Bow
1. Petrus Bronkhorst – 251
VFTR – Veteran Female Traditional Recurve
1. Ronel Bronkhorst – 248
AFTR – Adult Female Traditional Recurve
1. Gretha Theron – 275
AMLB – Adult Male Long Bow
1. Anre Wagner – 314
JMBU – Junior Male Bowhunter Unlimited
1. Axel Zuur – 758
CMBB- Cub Male Bare Bow
1. Kennith Wepener – 549
CMTR – Cub Male Traditional Recurve
1. James Bronkhorst – 427
CFTR – Cub Female Traditional Recurve
1. Chauntonique du Toit – 409
AFBU – Adult Female Bowhunter Unlimited
1. Bianca Kleynhans Coetzee – 721
2. Vicky van Zyl – 682
AFFU – Adult Female Freestyle Unlimited
1. Licindi Kleynhans – 644
2. Marthina Kleynhans – 637
AMTR – Adult Male Traditional Recurve Bow
1. Willie van der Merwe – 324
2. Maurice Robertson – 276
3. Jan Hendrik van der Merwe – 197
4. Evan Gloy – 163
AMFS(R) – Adult Male Free Style Recurve
1. Martin Fourie – 621
VMFS(R) – Veteran Male Free Style Recurve
1. Kobus Fourie – 632

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button