
Twee van Ferdinand Postma se leerders en top bergfietsryers het Saterdag, 24 Oktober aan die NW Un(LTD) XCO bergfietskampioenskappe in Klerksdorp deelgeneem. Karli Beukes het ‘n eerste plek in 01:01:11 in die junior vroue-afdeling behaal en is as NW kampioen aangewys. Marnus Meintjies het ‘n 4de plek in ‘n tyd van 56:15 in die junior mans-afdeling behaal. Albei fietsryers is na afloop van hul uitslae ook vir die o.18 NW bergfiets-span vir 2020 gekies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!






