SportSport

Bekende langasem se skielike dood laat groot leemte

Nico was ook een van die gewilligste atlete wat altyd voor in die tou by wedlope was en werklik hardloop as 'n lewenstyl aangeneem het.

Dit was ‘n groot skok vir die plaaslike gemeenskap die afgelope Vrydagoggend (12 Maart) toe die bekende padwedloop en marathon legende, Nico Deerling (54) en sy seun Grant in ‘n motorongeluk net buite Kimberley oorlede is.

Nico Deerling en sy seun, Grant is albei oorlede.

Nico was een van die gewildste atlete in Potchefstroom en het ook ‘n ellelange lys vriende in marathonkringe gehad weens sy deelname in die Twee Oseane en Comrades-Marathons, sowel as honderde wedlope wat hy deur die jare voltooi het.

Nico, met sy kenmerkende kopdoek, was ook een van die gewilligste atlete wat altyd voor in die tou by wedlope was en werklik hardloop as ‘n lewenstyl aangeneem het.

Hy was ook vir sy superfiks en het talle ander atlete touwys gemaak en onder sy vlerk geneem. Hy het veral in landloop uitgeblink en was een vir die staatmakers vir sy Atletiek Sentraal Noordwes. 

Nico Deerling. Foto: Wouter Pienaar

Hy was veral bekend in die Promosa gemeenskap aangesien hy daar skoolgegaan, gewoon het en ook in 2017 die Promosa Atletiekklub gestig het.

Sy talle prestasies het hoop vir Promosa gebring en danksy sy motivering en toewyding het hy baie ander van sy vriende en lede van die gemeenskap aan die draf gekry.

Hy was ook welbekend onder krieketspelers en afrigters aangesien hy vir klomp jare by Senwes Park vir Noordwes Krieket op die terrein gewerk het en ook verantwoordelik vir Witrand Krieketveld was. Natuurlik was die veld en blad ook altyd in top kondisie.

Nico Deerling het ‘n groot liefde vir hardloop gehad. Foto: Wouter Pienaar

Dit is wel as ‘n atleet waar Nico se grootste nalatenskap gevestig is – daar was selde ‘n dag waar hy nie gehardloop het nie – die manne en dames by McArthur Marathonklub, Berts Bricks Atletiekklub en Promosa Atletiekklub kan daarvan getuig.

Lees meer in hierdie week se Potchefstroom Herald (18 Maart) vir ‘n volledige huldeblyk. 

     

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button