SportSport

So onthou ek vir Nico Deerling

Dit voel vir my as sportskrywer onwerklik dat Nico Deerling, Potchefstroom en Promosa se bekende atleet met die bandana, stoute glimlag, en lekker lag nie meer op aarde is nie.

Dit voel vir my as sportskrywer onwerklik dat Nico Deerling, Potchefstroom en Promosa se bekende atleet met die bandana, stoute glimlag, en lekker lag nie meer op aarde is nie.

Die man wat hardloop eenvoudig laat lyk het en talle mense geinspireer het. Die man wat sport as sy groot passie beskryf het.

Die man wat op Saterdaeoggende aan ‘n wedloop deelneem en dan die middag by die krieket sit en sy veld met ‘n valkoog dophou.

Die man wat die Here aanbid het en vir sy talente geeer het. Tragies is hy en sy seun, Grant, nie meer by ons nie. ‘n Motorongeluk het hulle lewens kortgeknip…

Die atletiek en krieketwereld is stiller sonder jou en gaan jou mis. Wat ek besef is dat Nico wel baie herinneringe vir my gelos het vandat ek hom die eerste keer in 2015 ontmoet het.

Nico Deerling op die aanval tydens een van sy talle wedlope. Foto: Wouter Pienaar

Ek was maar nog ‘n jong sportskrywer toe Nico my buite die Herald se kantore, toe nog in Piet Uys-straat ontmoet het. Ons het begin gesels en ek kon sien die man weet waarvan hy praat – die myle is omtrent op sy lyf ingekerf.

Hy was ook slank en soepel vir iemand wat amper 50 was, nietemin is hy weg met sy fiets en kort daarna het ek oor sy jongste prestasie geskryf. Vir die volgende vyf jaar het ek en Nico ‘n pad gestap – of dit was om nog ‘n berig te skryf, hom by ‘n atletiekbyeenkoms raak te loop of hom in die dorp te sien.

Hy was altyd vriendelik, opreg en was nie skaam om te gesels nie. Ek onthou hoe hy een keer by Potch Dorp Krieketklub vir sy werk daar vereer is – sjoe, die trots het behoorlik uit hom gestraal. So ook elke keer waneer hy met nog ‘n medalje om sy nek gestaan het of blootweg net vir die lekker aan wedlope deelgeneem het.

Ek koester veral ‘n foto wat ek en hy saam by ‘n Noordwes Krieket-funksie geneem het (natuurlik was ek altyd die man wat die foto van hom moes neem, maar vir ‘n slag kon ons saam staan) So ook al die ander aksiefoto’s waar dit hom in sy element uitbeeld (aan die hardloop, tree vir tree, gefokus tot die einde)

Die Here het vir Nico Deerling met ‘n talent vir draf en atletiek geseen, daaroor kan niemand twyfel nie. Elke kilometer op sy aardse pad was ‘n tree nader om by Sy Vader te kom.

Nico se laaste Facebook profielprent som sy lewensbenadering in een sin op: “The Lord is the strength of my life.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button