SportSport

NWU bring vier nuwe spelers in vir tweede rondte van Varsitybeker

Hierdie spelers is Nivan Petersen, Sylvester Hassien, Kagiso Woodbridge en Sampie Swiegers.

Die NWU gaan in die tweede rondte (bio-borrel) van die 2021 Varsitybeker in met ‘n paar nuwe gesigte om hulle wenkanse te vergroot.
 
Die NWU speel Donderdag, 22 April hulle vierde wedstryd van die kompetisie teen die Universiteit van Wes-Kaapland om 15:00 op Tukkies se B-veld.
 
Hierdie spelers is Nivan Petersen (senter), Sylvester Hassien (skrumskakel), Kagiso Woodbridge (flank) en Sampie Swiegers (stut).
Hulle vervang Awethu Loshozi, Jason Jansen, Conan Le Fleur en Caleb Louw.
 
Hassien is ‘n opwindende skrumskakel wat die afgelope paar jaar al by die Luiperds ook naam gemaak het. KG Woodbridge, Petersen en Swiegers maak almal hulle buigings in die Varsitybeker.
Die tweede rondte duur tot 30 April voordat die spanne weer ‘n ruskans kry.
NWU span:
Botter Moloto, Ruben du Plessis, Arno Gustafson, Rehann Baumann, Sampie Swiegers, Gustav du Rand, Vernon Paulo, Jeandre Leonard, Malembe Mpofu, Wihan Nel, George vd Westhuizen, Chris Vermaak, Jandre de Beer, Sphep Mabuza, Kagiso “KG” Woodbridge  Ruben Dreyer, Andre Fouché, Didi Sekati, Riaan Genis, Sylvester Hassien, Keagan Fortune, Nivan Petersen, Marco Donges, Lincoln Daniels (kaptein), Meyer Kriel, Bernu Engelbrecht, Pienaar van Niekerk, Charl Pretorius, Chuiner van Rooyen en Keano Windvogel.
 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button