SportSport

Retief soos ‘n vis in die water

Hy het silwer in die 100m en 200m vlinderslagitems losgeslaan en ook sy eie persoonlike rekord in albei hierdie items, en al die ander items waaraan hy deelgeneem het, verbeter.

Retief Esterhuysen, ‘n graad 11-leerder aan Hoërskool Ferdinand Postma, het vandeesweek aan die SA Senior Nasionale Swemkampioenskappe in Port Elizabeth deelgeneem en twee silwermedaljes verower.

Hy het silwer in die 100m en 200m vlinderslagitems losgeslaan en ook sy eie persoonlike rekord in albei hierdie items, en al die ander items waaraan hy deelgeneem het, verbeter.

Om die kroon op ‘n puik seisoen te span, het hy ook in Maart aan die SA Junior Nasionale Kampioenskappe deelgeneem en daar goud in die 100m vlinderslagitem verower.

Die NWU Swemklub swemmer het al verskeie kere aan die junior nasionale kompetisie deelgeneem, maar dit is die eerste jaar wat hy gekwalifiseer het om aan die senior kampioenskappe deel te neem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button