SportSport

NWU gereed vir Maties vanaand

Die slotte, Jeandré Leonard en Malembe Mpofu tesame met haker, Gustav du Rand sal ook 'n groot rol vir die NWU se pak speel.

Die NWU kom vandag (27 April) teen hulle groot vyande van die suide, Maties, te staan in ‘n belangrike Varsitybekerwedstryd.

Die NWU is tans in vierde plek op die punteleer met Maties net een punt agter die Potchefstromers in vyfde plek. ‘n Oorwinning sal die selfvertroue ‘n goeie hupstoot gee en ook sake makliker maak om vir ‘n plek in die top 4 semi-finale plekke te veg.

Die NWU het laas vir Maties in 2016 geklop en was die afgelope paar tweede viool speel. Die NWU sal hoop dat losskakel, Keagan Fortune, se skopskoen aan is in hierdie belangrike wedstryd waar elke punt soos goud werd sal wees.

Die slotte, Jeandré Leonard en Malembe Mpofu tesame met haker, Gustav du Rand sal ook ‘n groot rol vir die NWU se pak speel met hulle rolmaaltaktiek. Sover bring dit nog groot sukses vir die NWU met Du Rand wat die top driedrukker vir sy span met ses drieë is.

‘n Interessant kragmeting sal ook in die voorry plaasvind met die NWU se Botter Moloto wat teen sy voormalige spanmaat, Matimu Manganyi, sal sak. Manganyi speel nou sy rugby vir Maties nadat hy vir klomp jare in Potch gespeel het.

Die wedstryd skop om 19:00 af en kan op Supersport 211 regstreeks gevolg word.

Spanne:

NWU: 15 Shane van Rooyen, 14 Keano Windvogel, 13 Lincoln Daniels (c), 12 Marco Donges, 11 Pienaar van Niekerk, 10 Keagan Fortune, 9 Riaan Genis, 8 André Fouché, 7 Sphephelo Mabuza, 6 Chris Vermaak, 5 Jeandré Leonard, 4 Malembe Mpofu, 3 Sampie Swiegers, 2 Gustav du Rand, 1 Komape Moloto.

Reserwes: 16 Vernon Paulo, 17 Ruben du Plessis, 18 Arno Gustafson, 19 Wihan Nel, 20 Jandré de Beer, 21 Sylvester Hassien, 22 Kagiso Woodbridge, 23 Meyer Kriel.

Maties:  15 Adriaan van der Bank, 14 Munier Hartzenberg, 13 David Brits (c), 12 Waqar Solaan, 11 Sibabalwe Xamlashe, 10 Christopher Schreuder, 9 Bobby Alexander, 8 Ben-Jason Dixon, 7 Matthys Kitshoff, 6 Mitchell Carstens, 5 Albert Liebenberg, 4 Simon Miller, 3 Matimu Manganyi, 2 HJ Luus, 1 Leon Lyons.

Reserwes: 16 André-Hugo Venter, 17 Dian Bleuler, 18 James Combrinck, 19 Dylan de Leeuw, 20 Gift Dlamini, 21 Lian du Toit, 22 George Lourens, 23 Mike Mavovana.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button