Talle jong atlete van onder meer Atletiek Sentraal Noordwes, Atletiek Vrystaat, Griekwaland-Wes en Atletiek Gauteng Noord het die afgelope Saterdag, 24 April aan die Sub-Jeug interprovinsiale kampioenskappe op die NWU McArthur-stadion deelgeneem en hulle staal gewys.
Atletiek Vrystaat en ACNW se atlete was goeie kompetisie vir mekaar, met die Vrystaters wat ‘n eerste plek behaal en ACNW wat tweede eindig.
Foto’s: Wouter Pienaar
Al was daar nie amptelike medaljes by die byeenkoms nie, was dit steeds ‘n goeie voorstelling van die talent wat in die provinsies is. Kyk die volledige uitslae hier:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



















