CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Khumalo en kie se hofsaak na spesiale hof verskuif

Die hofsaak waarin Kgotso Khumalo (uitvoerende burgemeester van die JB Marks munisipaliteit), Cyril Henry (direkteur van munisipale dienste en plaaslike ekonomiese ontwikkeling) en Mohau Shuping (opsigter van rekreasie en sportfasiliteite) vir vermeende diefstal en bedrog aangekla is, sal weer op 1 Junie in die Hof vir Ernstige Handelsmisdaad in Mahikeng hervat.

Die hofsaak waarin Kgotso Khumalo (uitvoerende burgemeester van die JB Marks munisipaliteit), Cyril Henry (direkteur van munisipale dienste en plaaslike ekonomiese ontwikkeling) en Mohau Shuping (opsigter van rekreasie en sportfasiliteite) vir vermeende diefstal en bedrog aangekla is, sal weer op 1 Junie in die Hof vir Ernstige Handelsmisdaad in Mahikeng hervat. So het Tlangelani Rikhotso, die Valke se mediawoordvoerder in die Noordwes die naweek bevestig.

Die hofsaak sal dus nie meer plaaslik in die streekhof aangehoor word nie, maar verskuif nou na ‘n spesiale hof wat sake van ernstige handelsmisdaad hanteer. Die departement van justisie en konstitusionele ontwikkeling het vroeër in ‘n algemene kennisgewing (157 van 2021) die howe in elke provinsie bekend gemaak.

Chris Hattingh, DA raadslid van die JB Marks munisipaliteit sê die DA verwelkom die verskuiwing.

“Die bedrog, diefstal en korrupsie wat oor die jare plaasgevind het, was gesofistikeerd. Spesiale kundigheid is nodig om hierdie sake suksesvol te vervolg en enduit te dryf.”

Khumalo, Henry en Shuping se arrestasies hou verband met ‘n trustrekening van die JB Marks munisipaliteit waarin R5 miljoen gedeponeer is. Dié trustfonds was deur ‘n plaaslike prokureur bestuur en was afkomstig van ‘n huurooreenkoms wat die munisipaliteit met ‘n myn gesluit het. Fondse van die Noordwes-Universiteit is ook hierin betaal. Hattingh sê die bestaan van hierdie trustfonds was in konflik met tesourieregulasies en is nie aan die ouditeur-generaal verklaar nie. Die fondse wat gebruik was, is teenstrydig met die munisipale finansiële bestuurswet.

Die trio se hofsaak is al verskeie kere sedert Oktober verlede jaar uitgestel en hulle het nog nie sover gekom om te pleit nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button