Potchefstroom Gimnasium se Karmen Fouché is vanjaar op ‘n fantastiese atletiekreis wat net beter raak. Die talentvolle verspring-atleet het met ’n sprong van 6,29m gekwalifiseer vir die Junior-Wêreldkampioenskappe wat vanaf 17-22 Augustus in Nairobi, Kenia gaan plaasvind.
Fouché het goud by die skole SA’s verwerf en ook ‘n briljante silwer by die ASA Senior Atletiekkampioenskappe verwerf vanjaar.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



