Al was daar weens die huidige Covid-19 regulasies vanjaar ook nie ‘n Volkie-Gimmie Classic Clash naweek tussen dié skole se top sportspanne nie, was daar wel ‘n stryd tussen die twee skole se “Old Boys” op die gholfbaan.
Die stokke het Vrydag, 28 Mei by die Potchefstroom Buiteklub tydens die Dienssentrum se jaarlikse gholfdag met ‘n gholfkompetisie tussen Gimmies en Volkies geswaai.

Oud-leerders het van oral af gekom om die dag te ondersteun. Na ‘n heerlike dag van goeie gholf, lieflike weer en goeie gees, kon Volkie-kaptein, Danie Jansen van Vuuren, weer die trofee vir Volkies lig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



