SportSport

Bergfietsryer vat SA Cup-titel

Gimmies se uitstaande jong bergfietsryer, Ernie Roets, het die afgelope SA Cup XCO-seisoen van sy beste vorm nog op sy fiets bewys met ‘n algehele eerste plek na vyf wedrenne.

Gimmies se uitstaande jong bergfietsryer het die afgelope SA Cup XCO-seisoen van sy beste vorm nog op sy fiets bewys met ‘n algehele eerste plek na vyf wedrenne. Roets het net een rondte gemis in April toe hy ‘n kruisligament-besering opgedoen het.

Hy het twee eerste plekke, een tweede plek en ‘n vyfde plek behaal. Hierdie uitslae was genoeg om vir hom die algehele titel te besorg.

Roets het sy goeie XCO-reeks op ‘n hoë noot afgesluit toe hy op 19 Junie ‘n eerste plek by die laaste SA Cup XCO byeenkoms in Bloemfontein behaal het.

Volgende op Roets se horison is die SA kampioenskappe wat in Julie plaasvind. Die kanse is wel groot dat dié kampioenskappe uitgestel sal word weens die stygende Covid-19 syfers en skuif na vlak 4 inperking.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button