SportSport

Noordwes Rolbal se Meesters hierdie naweek aangewys

In die Vroue Ope sal daar ‘n hewige stryd wees tussen die twee Potchefstroom klubs met vier deelnemers vir PCC: Baby Mojanaga, Sega Mokoto, Chantelle Hildebrannd en Anne-Marie Coetzee. Rhonda en Natashal Kallis en Sandra Mostert speel vir Potch Dorp.

Potchefstroom se twee rolbalklubs is Saterdag en Sondag die gashere vir die Noordwes Rolbal Ope en Veteraan Meesterskampioenskappe.

Die veterane pak mekaar by die Buiteklub (PCC) en die Ope afdeling word by die Potchefstroom Rolbalklub beslis. Klerksdorp Rolbalklub kom met ‘n sterk aanslag op die Ope titel met Tinus Crous, Piet Croucamp, Morne Kretchmer, Wimpie van Wyk en Colin de Jager wat deelneem.

Parys se Rudi Jacobs en Jaco Nel is deel van die kompetisie en is oorgehaal vir sukses. Dis verblydend om te sien dat voormalige nasionale speler, Pierre Breitenbach, weer vir Potch Dorp op die baan sal wees. Die veld word voltooi met Johan Muller (Orkney), Carl de Klerk (Fochville) en Johan van der Heerver van Sannieshof.

In die Vroue Ope sal daar ‘n hewige stryd wees tussen die twee Potchefstroom klubs met vier deelnemers vir PCC: Baby Mojanaga, Sega Mokoto, Chantelle Hildebrannd en Anne-Marie Coetzee.

Rhonda en Natasha Kallis en Sandra Mostert speel vir Potch Dorp. Maar spelers soos Tracey Jacobs (Parys), Burnadine Muller (Orkney), Natasha Herbst (La Farge) sal saam met die tweetal van Klerksdorp Rolbalklub, Rene de Jager en Anina Neethling beslis nie die titel weggee nie. In die kampioenskap vir Veteraan Vroue, is daar ‘n groot stryd tussen Klerksdorp en Parys met uiters bekwame spelers elk.

Jillian Booth, Lany Olivier, Bettie Beare en Daleen Peens van Klerksdorp kom te staan teen Emmie Pelser, Lasuya Serfontein, Stienie Browne, Magdel O’Donnoghue en Amanda Bester van Parys. Die ander drie deelnemers is Alta Klaassen (Koster), Alida Roussouw (Fochville) en Moira Hill (Zeerust).

Klerksdorp Rolbalklub oorheers die Mans Veterane met agt van die 12 deelnemers. Die agt is Billy Harvey, Alan Kirkland, Deon Pits, Mike Bennetto, Errol Booth, Johan Schmidt, Richard Harris en Henry Peens.

Saam op die baan is daar Raymond Laubscher (Parys), Gene Hill (Zeerust), William Minne (Potch Dorp) en Schalk van der Merwe (La Farge). Enige een van die vier kan maklik met die titel wegstap.

Die Noordwes Rolbal Junior Meesterskampioenskap word op 14 en 15 Augustus beslis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button