SportSport

Goeie begin vir Luiperds o.20’s met Vrystaat sege

Die Luiperds het vyf drieë in hierdie eerste rondte wedstryd gedruk met die vleuel, Elzandro Fredericks wat twee inpalm.

Die Luiperds se jong o.20 span het die afgelope Saterdag, 7 Augustus hulle stempel op die SA o.20 kampioenskap gedruk toe hulle vir Vrystaat met 36-25 op Olënpark geklop het.

Die Luiperds het vyf drieë in hierdie eerste rondte wedstryd gedruk met die vleuel, Elzandro Fredericks wat twee inpalm.

Die flank, Janco Cloete en agtsteman Marvelous Mashimbye duik ook oor met die plaasvervanger, Christiaan Vlok wat die oorwinning met nog ‘n drie in die tweede helfte seël.

Foto’s: Mario van de Wall

Die losskakel, Martin Venter, het vier doelskoppe sowel as ‘n strafskop vir die Luiperds aangeteken.

Hierdie bonuspunt oorwinning plaas ook die Luiperds tweede op die punteleer met 5 punte net agter die Sharks weens ‘n kleiner punteverskil.

Die Luiperds kom volgende teen die Westelike Provinsie op Saterdag, 15 Augustus te staan en nog ‘n oorwinning sal die Luiperds in ‘n goeie posisie in hierdie uitdagende kompetisie plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button