
Die Luiperds se o.20 Platteland span wat uit amateurspelers vanuit verskillende rugbyklubs uit Noordwes bestaan het die afgelope Vrydag, 13 Augustus, hulle eerste wedstryd van die seisoen teen die Griffons o.20 span op Olënpark gespeel.
Die telling in hierdie vriendskaplike stryd was 70-5 in die Griffons se guns, wat op die dag met rede met die wen weggestap het.
Die verskil in voorbereidingstyd kon ‘n mens dadelik sien aangesien hierdie die Griffons o.20’s se laaste wedstryd van die seisoen was.
Foto’s: Mario van de Wall
Die Luiperds Platteland o.20’s wat maar net drie weke al saam oefen het hierdie wedstryd juis gebruik om vir spelers geleentheid te gee in ‘n wedstrydomgewing voordat hulle die Pumas se o.20 aanvat in ‘n wedstryd op 4 September.
Joël Sherman (Impala Rugbyklub) en Leslie Jackson (Potch Dorp Rugbyklub) vat die leisels as afrigters.









