Die twee Potchefstroomse stapper, Janise Nell (Volkies) en Marissa Swanepoel (NWU) het in die finaal van die 10 000m stap vanoggend (Saterdag, 21 Augustus) by die o.20 Atletiek Wêreldkampioenskappe in Kenia hul land puik verteenwoodig.
Al het albei stappers nie ‘n medalje kon behaal nie, was dit alreeds ‘n fantastiese prestasie om in die finaal te kon deelneem.
Meksiko se Sofia Ramos Rodriguez het die eerste plek met ‘n fantastiese poging behaal in ‘n tyd van 46:23.01. Swanepoel het die 17de plek in ‘n tyd van 51:59.20 behaal.
Nell het in die 23ste plek beklee in ‘n tyd van 54:30.80.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



