SportSport

Gimmies net te sterk vir Volkies op die rugbyveld

Gimmies se gekombineerde o.16/17 span het met ‘n paar top vertonings vanoggend vir Volkies met 22-10 op die Mooivallei Sportgronde geklop.

Gimmies se gekombineerde o.16/17 span het met ‘n paar top vertonings vanoggend (4 September) vir Volkies met 22-10 op die Mooivallei Sportgronde geklop.

Volkies het ‘n swakker span op die veld gehad en ‘n paar van hulle top spelers gemis in hierdie stryd. Hulle het moedig geveg, al het Gimmies meestal balbesit en gebiedsvoordeel gehad.

Die oopkantflank van Gimmies, Armand Willemse, sowel as die slotte, Martin van Onselen en Ruan Barnard sowel as regtervleuel, Ben van der Schyff het goeie wedstryde vir die grys en blou span gehad.

Aan Volkies se kant was Renaldo de Lima se skopvoet en verdediging ‘n hoogtepunt van sy span. Die plaasvervangers, Johann van Tonder (stut) en Johan Malherbe (haker) het ook goeie oomblikke gehad.

Foto’s: Wouter Pienaar

Volkies het eerste punte op die bord gesit met binnesenter, De Lima wat ‘n strafskop oorklits. Daarna het Gimmies die oorhand geneem met sterk werk voorlangs en goeie balbesit.

Vaskopstut, Phillip van der Westhuizen en haker, Ettienne Erasmus, duik oor vir Gimmies om ‘n 12-3 voorspring te gee. Voor halftyd kuier linkervleuel, Ruben le Roux ook oor die doellyn om Gimmies met 17-3 teen rustyd te laat voorloop.

Volkies het danksy Johann van Tonder ook ‘n drie ingepalm om die telling in die tweede helfte na 7 punte te vernou, maar Gimmies het nog een drie gaan druk om die wen te verseker. Albei spanne het foute in hierdie stryd gemaak en ‘n mens kon sien dat daar nog baie skuur en skaafwerk nodig is.

Hierdie vriendskaplike wedstryde gee ook spelers en afrigters kans om kombinasies te toets en spanne op top vorm te kry vir volgende jaar se liga.

In die o.14 stryd was Volkies met 26-5 baas en in ‘n taai o.15 wedstryd klop Gimmies vir Volkies met 31-14.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button