SportSport

Ferdies se skuts skitter weer vir Noordwes

Ses van Ferdies se skuts is na afloop van die Noordwes proewe in die Noordwes span opgeneem wat die naweek van 10 en 11 September aan die Suid Afrikaanse Kampioenskappe deelgeneem het.

Ferdies-skuts het die afgelope jaar weer soos in die verlede uitstekend presteer. Die skuts is tydens die jaarlikse prysuitdeling vereer vir hulle toewyding en individuele prestasies.

Xantus Tredoux, Elsie Colyn, Richter Jansen van Vuuren Agter: Arno Combrinck, Suzette Meyer, Zack Fritz, Wian Meyer, Matthew Edwards, Bruce Fritz, Hanno van Wyk, Hanro Brits, Marno Colyn, Josua Colyn

Arno Combrinck en Bets van der Vyver is bedank vir hulle onbaatsugtige diens en betrokkenheid die afgelope 4 jaar. Arno het die skyfskiet 4 jaar gelede aan die gang gekry en Bets speel ‘n baie groot rol in die skuts se afrigting.

Voor: Xantus Tredoux, Dejon Weyers, Richter Jansen van Vuuren. Agter: Zack Fritz, Wian Meyer, Matthew Edwards, Bruce Fritz, Hanno van Wyk, Hanro Brits, Marno Colyn

Noordwes Proewe en Noordwes Span

By die onlangse Noordwes Proewe was Marno Colyn algeheel 2de in die o.16 groep, hy het ook die hoogste telling vir die 3P Staan Dissipline, en die 10M Seuns behaal. Matthew Edwards het die hoogste telling vir die o.21 10M Seuns behaal Zack Fritz is as die o.21 Senior Opkomende Skut aangewys.

Ses van Ferdies se skuts is na afloop van die Noordwes proewe in die Noordwes span opgeneem wat die naweek van 10 en 11 September aan die Suid Afrikaanse Kampioenskappe deelgeneem het.

Al ses hulle skuts is onder die Top 15 Noordwes skuts. Ferdies se Noordwes skuts is Matthew Edwards, Hanno van Wyk, Bruce Fritz, Richter Jansen van Vuuren, Hanro Brits en Marno Colyn

Ferdies se leerders wat die NW-span gehaal het.
Voor: Matthew Edwards en Hanro Brits. Agter: Hanno van Wyk, Bruce Fritz, Richter Jansen van Vuuren en Marno Colyn

Ferdies Skyfskietbekers, -medaljes en -sertifikate (2021)

Arno Combrinck – Onbaatsugtige diens -Skyfskiet 

Bets van der Vyver – Toegewyde Skyfskiet Afrigting 

Matthew Edwards: Beste Senior Skut 

Marno Colyn: Beste Junior Skut 

Wian Meyer: Beste Vordering Beginner Skut 

Xantus Tredoux: Uitstekende Vordering Beginner Skut 

Marno Colyn: Beste Vordering Junior Skut 

Hanno van Wyk: Beste Vordering Senior Skut 

Hanro Brits: Uitstekende Vordering Senior Skut 

Richter Jansen van Vuuren: Getroue bywoning van oefeninge 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button