
Noordwes se Veterane Pare kompetisaie rol eersdaags af met 36 pare wat mekaar in verskillende seksies pak op 12 Oktober in Klerksdorp en Parys.
Die finale wedstryde vind die volgende naweek plaas by ‘n klub wat nog bepaal moet word. Rolbal onderstreep weer sy karakter as ‘n gesinsport met elf van die pare wat uit egpare bestaan.
Klerksdorp Rolbalklub stoot 11 pare in die veld met Parys tweede met sewe.
Potchefstroom Rolbalklub word deur ses pare verteenwoordig. Fochvile en PCC het drie elk, La Farge en Zeerust het twee pare elk met ‘n paar elk van Orkney en Koster.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



