SportSport

Tokkies se Olimpiese hokkieskeidsregter vereer

Tokkies het besluit om vir Rostron met twee spesiale geraamde foto's as toekennings te vereer, met een wat nou ‘n permanente plek in die voorportaal by Mooirivier se ingang geniet.

Annelize Rostron, die nuwe departementshoof van sport en kultuur by Laerskool Mooirivier, is op Maandag, 15 November by die skool vereer vir haar prestasie as hokkieskeidsregter.

Mnr. Jakkie van Vuuren (skoolhoof van Laerskool Mooirivier) oorhandig die toekenning aan Annelize Rostron.

Rostron, is ‘n bekende SA hokkieskeidsregter, en sy het vanjaar SA by die Tokyo Olimpiese Spele as skeidsregter verteenwoordig. Foto’s: Wouter Pienaar

Tokkies het besluit om vir Rostron met twee spesiale geraamde foto’s as toekennings te vereer, met een wat nou ‘n permanente plek in die voorportaal by Mooirivier se ingang geniet.

In hierdie raam is daar talle foto’s van Rostron as skeidsregter by die Spele tesame met ‘n spesiale boodskap en een van Rostron se gunsteling gesegdes: “Work hard in silence, let success be the applause.”

Die oorhandiging is in die skoolsaal gedoen met die skoolhoof, mnr. Jakkie van Vuuren wat dit behartig het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button