SportSport

Potchefstroom Gimnasium se krieketspelers presteer op Kaapse toer

Potchefstroom Gimnasium se o.19A en o.15A krieketspanne het tydens die afgelope HJS-Krieketfees in die Paarl hulle talent bewys met 'n klomp goeie oorwinnings.

Potchefstroom Gimnasium se o.19A en o.15A krieketspanne het tydens die afgelope HJS-Krieketfees in die Paarl hulle talent bewys met ‘n klomp goeie oorwinnings.

Vir die o.19 seuns was Johan Mahne met die kolf en bal, Martin Bullock met die kolf sowel as Ruan Lotz met sy wegdraaiballe van die staatmakers op die toer.

Alhoewel die eerste span hulle eerste wedstryd teen Paarl Boys High verloor, kom hulle terug en wen die volgende drie wedstryde, voordat hulle in die finale T20-stryd teen Northcliff vasval. By die o.15A-span wys Gimmies ook dat hulle vir niemand terugstaan nie.

Een van die uitblinkers met die kolf is die jong graad 8 leerder, Righardt Joubert wat ‘n fantastiese 441 lopies in 5 wedstryde geslaan het teen ‘n verstommende kolfgemiddeld van 147.

Righardt se tellings is as volg:

HJS – 181

Stellenberg – 30

Northcliff – 108*

Montana – 74*

Westville – 48

Gimmies se o.15A span wen teen Paarl Boys High met 25 lopies, klop Stellenberg met 44 lopies, wen Northcliff met 53 lopies, klop Montana met 8 paaltjies. Hulle onoorwonne rekord sneuwel in die laaste wedstryd teen Westville met ‘n 10 paaltjie nederlaag.

Uitslae:

Potch Gim teen Paarl Boys High

1ste span verloor met 23 lopies

o.15 A wen met 25 lopies

Potch Gim 0.15A teen Stellenberg wen met 44 lopies

Potch Gim 1ste span teen Somerset Collage wen met 7 paaltjies

Potch Gim 1ste span teen Brackenfell wen met 125 lopies

Potch Gim 0.15A teen Northcliff wen met 53 lopies

Potch Gim 1ste span teen Boland RPC wen met 8 paaltjies

Potch Gim 0/15A teen Montana wen met 8 paaltjies

Potch Gim 1ste span teen Northcliff verloor met 15 lopies

Potch Gim 0/15A teen Westville verloor met 10 paaltjies

Related Articles

Back to top button