SportSport

Varsitybeker wedstryd vroeër en regstreeks

Vanaand (21 Februarie) se wedstryd tussen die NWU en Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) sal nie meer om 19:00 gespeel word nie maar om 17:00. Dit sal ook nou regstreeks op Supersport uitgesaai word. 

Vanaand (21 Februarie) se wedstryd tussen die NWU en Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) sal nie meer om 19:00 gespeel word nie maar om 17:00. Dit sal ook nou regstreeks op Supersport uitgesaai word. Die wedstryd tussen die Ikeys en UJ wat uitgesaai sou word, is weens protesoptrede op die Universiteit van Kaapstad se kampus na 19:00 toe geskuif waar geen toeskuers toegelaat sal wees nie. Die Noordwesters, het verlede week in die laaste oomblikke teen Ikeys verloor. Alhoewel hulle goed gedoen het voor ‘n paar kritiese foute die span gekniehalter het, sal hulle ‘n verbeterde vertoning teen die UWK wil gee. Die UWK het ook in hulle openingswedstryd teen Kovsies gesukkel. Die manne van die Rosestad het met 56-16 oor die Kapenaars geseëvier. Volgens Paul Treu, hoofafrigter van die UWK, gaan dit ‘n moeilike wedstryd vir sy manne wees. “Ons het albei ons eerste wedstryde verloor en die NWU het ons verlede jaar goed gewen. So dit gaan ‘n taai wedstryd vir ons ouens wees. Ons het 15 spelers van verlede jaar verloor en om teen die NWU in Potchefstroom te gaan speel is nooit maklik nie,” verduidelik Treu. Volgens hom verwag hulle dat die NWU baie fisies met hulle goei pak voorspelers gaan speel. André Pretorius, hoofafrigter van die NWU, en sy span sal nie die UWK onderskat nie veral na hulle verbaas uitslae in 2020 en 2021 teen die Shimals gekry het. Pretorius herhaal dat nie een wedstryd van selfsprekend aanvaar moet word nie. Pretorius het die enjinkamer van die NWU onveranderd gelos. Pienaar van Niekerk gaan diens op vleuel doen terwyl Isrome Phatudi op binnesenter gaan begin. Martin Venter is ‘n spesialis losskakel wat op die bank begin. Volgens Pretorius het die span ‘n goeie les verlede week geleer. “Ek is baie trots op die hoe die manne die week se oefening aangepak het.  Daar was nie ‘n mismoedige gevoel tussen die manne nie. Almal weet waar die foute was en hoe ons dit gaan reg maak. Paul Treu is ‘n uitgeslape afrigter, en UWK het baie talent in hulle span. Ons sal vir 80 minute aangeskakel moet bly,” het Pretorius gesê. Volgens hom is die skuiwe gemaak omdat die afrigters gevoel het dat ‘n spesialis losskakel op die bank nodig is. Nivan PEterson wat uiteindelik die speler van die wedstryd teen Ikeys was, moes die veld in die tweede helfte verlaat. Ondersteuners sal versigtig optimisties wees vir ‘n wen vir die NWU. As hulle so goed kan verdedig soos hulle vir groot gedeeltes van die wedstryd teen Ikeys gedoen het sal dit ‘n sterk fondasie lê. Die span wat vanaand vir die NWU utdraf is soos volg 1.Ruben du Plessis 2. Vernon Paulo 3. Ruan Swiegers (k) 4.Marvelous Mashimbyi 5. Ruben Dreyer 6. Chris Vermaak 7. Heinz Bertram 8. André Fouche 9. Riaan Genis 10. Nivan Peterson 11. Pienaar van Niekerk 12. Isrome Phatudi 13. Tino Swanepoel 14. Keano Windvogel 15 Heinrich Botha 16. Chyle van Zyl 17. Jason Jansen 18. Ntobeko Shezi 19. Wihan Nel 20. Gustav Erlank 21. Aphelele Madaka 22. Kagiso Woodbridge 23. Martin Venter  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button