SportSport

Volkies se bergfietsbaan laat die speke sing

Hoër Volkskool Potchefstroom se opening van hulle bergfietsbaan Saterdag, 19 Februarie was ‘n reuse sukses en bewys dat bergfietsry steeds baie gewild onder skole is. Baie dae en ure se swoeg en sweet deur ouers, vrywilligers en kinders is ingesit om die baan betyds gereed te kry vir hierdie groot dag. Die opening van die …

Hoër Volkskool Potchefstroom se opening van hulle bergfietsbaan Saterdag, 19 Februarie was ‘n reuse sukses en bewys dat bergfietsry steeds baie gewild onder skole is.

Baie dae en ure se swoeg en sweet deur ouers, vrywilligers en kinders is ingesit om die baan betyds gereed te kry vir hierdie groot dag. Die opening van die baan gaan verseker ‘n positiewe bydrae lewer tot die groei van bergfiets as ‘n sport vir Hoër Volkskool en die omgewing.

Dit dien as ‘n veilige omgewing waar die kinders en ouers hulle liefde vir hierdie sport kan uitoefen. Volkies se fietsrykomitee – Chris Brits (voorsitter), Jaco Stemmet (ondervoorsitter), Eben Grobbelaar (bemarking), Liana Stemmet (finansies), Eugene de Villiers en Jan-Adriaan Cordier (spesiale projekte en mnr. Gerhard Swart (Volkskool fietsry) in samewerking met betrokke ouers en onderwysers van Laerskool ML Fick en Laerskool Baillie Park het hierdie baan tot stand gebring.

Daar was oorweldigende deelname van omtrent elke laer- en hoërskool in Potchefstroom, asook groepe vanaf Klerksdorp, Lichtenburg en ander omliggende dorpe.

Foto’s: Verskaf

Die kinders het dit ooglopend baie geniet, veral die water-en modderplasse was definitief ‘n pluspunt. Deelname is gereël volgens die 12 ouderdomskategorieë van die Union Cycliste Internationale (UCI) soos deur School Cycling SA (SCSA) voorgeskryf en daar was tussen 5 en 15 deelnemers per wedren.

Alhoewel dit ‘n lekker informele geleentheid was, het die kompetisie tussen die kinders en skole vir groot opwinding gesorg. In baie van die wedrenne was die jong dames deelnemers maar yl gesaai, maar het weliswaar die seuns hard laat werk en selfs hier-en-daar laat les opsê.

Die drie baanopsies van 1km, 3km en 5km het ‘n verskeidenheid uitdagings aan almal gebied en deurlopend was die terugvoer positief.

“Natuurlik gaan die bane verder ontwikkel en verbeter word sodat die vaardighede van ons ryers ook kan toeneem.

“Ons poog ook om dit meer toeganklik te maak vir die dorp se fietsryers en moontlik vir die bosdrawwers wat gereeld na nuwe geleenthede vir moegword soek. “Volkies fietsry wil almal bedank wat ‘n bydrae gelewer het om die dag suksesvol te maak. “Behalwe vir die kontantbydraes wat as prysgeld gebruik is, was daar ook ongelooflike bydraes in die vorm van koopbewyse vanaf restaurante, asook borge en hulp vanaf besighede en gesondheidsdienste in ons dorp,” noem Eben Grobbelaar, bemarker van Volkies Fietsry.

Die wenners van die dag was: Sub-nipper seuns (7-8 jaar)

1 Tiaan van der Mescht – ML Fick 2 Janco Engelbrecht – Baillie Park 3 Steyn Jacobs – Baillie Park

Sub-nipper meisies 1 Kara Forster – Mooirivier 2 Hesmari vd Merwe – Baillie Park

Nipper seuns (9-10 jaar) 1 JP Cromhout – Baillie Park 2 Aiden Smits – ML Fick 3 Joshua Mare – Baillie Park Nipper meisies 1 Carli Henning – Saamtrek 2 Grizelda Janse van Rensburg – Baillie Park 3 Zandri Janse van Rensburg – Baillie Park

Sprog seuns (11-12 jaar) 1 Henrey Jacobs – Baillie Park 2 Igne Cordier – Baillie Park 3 Juhan Mare – Baillie Park

Sprog meisies 1 Marle-nette Fourie – Saamtrek

Sub junior seuns (13-14 jaar) 1 MJ Potgieter – Gimmies 2 Janco Stemmet – Baillie Park 3 Jaden Geldenhuys – Ferdies

Sub junior meisies 1 Ilné du Preez – Volkies

Youth seuns (15-16 jaar) 1 Kevin Klassen – Ferdies 2 Zandré Stemmet -Volkies 3 Redge Brandt – Volkies

Youth meisies 1 Christelle Engelbrecht – Volkies

Junior seuns (17-18 jaar) 1 Christian Brits – Volkies 2 Dillion Henning – Volkies 3 Eduan Kotze – Volkies

Junior dogters 1 Zanri Grobbelaar – Volkies

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button