SportSport

Vuurwarm aksie op die sportveld tussen Potch Volkies en Heidelberg Volkies

Al Volkskool Potch se eerste spanne het hulle wedstryde gewen.

In ‘n vroegseisoen Volkies-derby het Hoër Volkskool Potchefstroom se eerste rugbyspan vir Volkskool Heidelberg met 15-0 gistermiddag (Saterdag, 26 Februarie) op Potch Volkies se veld geklop.

Hierdie twee Volkskole het mekaar op die Vrydag en Saterdag in verskeie sportsoorte in goeie gees aangepak.

Foto’s: Wouter Pienaar

Op die rugbyveld kon net Volkies Potch se eerste span ‘n oorwinning behaal in die A-span gedeelte. Volkies se o.14B en o.15B spanne behaal wel seges teen die besoekers.

Op die netbalbaan gaan dit ook middelmatig met Volkies Potch. Die o.15A en o.19A spanne behaal wenne, terwyl die res aan die verloorkant eindig. Die o.15A’s wen 20-13 terwyl die eerste netbalspan met 28-16 die knoop deurhak.

Potch Volkies se dogters en seunshokkiespanne behaal ook baie goeie uitslae. Albei verloor nie ‘n enkele wedstryd nie. Die o.16A dogtershokkiespan speel 1-1 gelykop terwyl die res oorwinnings op tuisveld behaal. Potch Volkskool se tennisspanne behaal ook pragtige uitslae met ‘n 22-1 algehele oorwinning.

Lees die uitslae hier:

Tennis

Seuns 1ste span (enkels) wen 4 – 0

Dogters 1ste span (enkels) wen 4 – 0 S

Seuns en dogters 2de spanne wen 3 – 1 (gemengde dubbels)

Seuns 3de span wen 2 – 0 (dubbels)

1ste seuns (dubbels) wen 2 – 0

1ste dogters (dubbels) wen 1 – 0

1ste, 2de en 3de seuns (enkels) wen 5 – 0

Dogtershokkie (Volkies Potch se tellings eerste)

14A: 5-0

14B: 2-1

15A: 7-1

16A: 1-1

2des: 3-0

1stes: 5-4

Seunshokkie o.16 wen 5-0

1stes was voor 2-0 halftyd. Wedstryd gestop as gevolg van die weer.

Rugby Uitslae (Volkies telling 1ste)

o.14A 14-26

o.14B 27-0

o.15A 0-7

o.15B: 27-5

o.16A 3-7

2de span: 0-7

1ste span: 15-0

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button